Search This Blog

Monday, February 15, 2010

Die Afrikaanse Taal

Inleiding

Daar bestaan 'n taal in Suider-Afrika wat soos geen ander taal die vermoë het om hierdie deel van die wêreld te beskryf, wat die denkwyses van Afrika en Europa in hom verenig en fier die kontinent van sy ontstaan in sy naam dra: Afrikaans!

Hoe het Afrikaans ontstaan?

Na die stigting van Kaapstad in 1652 het Afrikaans uit 17e-eeuse Nederlands ontwikkel. Die seelui en beamptes van die Verenigde Oost-Indische Compagnie, wat uit verskillende dialekgebiede van Nederland, Vlaandere en Duitsland afkomstig was, is gou vergesel deur setlaars uit Frankryk asook deur slawe en bediendes uit Madagaskar, Ceylon, Java en ander Oosterse lande. Die koloniste het ook in aanraking gekom met inheemse Khoi-stamme, in die volksmond "Hottentotte" genoem. Deur die vermenging van dialekte en die invloed van die gebroke Hollands van vreemdtaliges is 'n ontwikkeling aan die gang gesit wat die verskille tussen die taal van Nederland en dié van die Kaap al hoe groter laat word het. Teen die tyd dat die Britte die Kaap-Kolonie in 1814 geanekseer het, het 'n nuwe afsonderlike taal ontstaan wat toe nog die naam Kaaps-Hollands gedra het. In die middel van die 19e eeu verskyn die eerste boeke in Afrikaans: godsdienstige tekste van die slaamse Maleiers in Arabiese skrif.

Persone wat ‘n belangrike rol gespeel het in die ontstaan…

Die Nederlandse onderwyser Arnoldus Pannevis word deur baie as die Vader van die Afrikaanse taal beskou. Dit was by hom dat die gedagte ontstaan het om Afrikaans as skryf- en leestaal aanvaar te kry. C.P. Hoogenhout, Ds. S.J. du Toit, D.F. du Toit (Oom Lokomotief), D.F. du Toit, Gideon Malherbe, Ds. August Ahrbeck, S.G. du Toit, Petrus Malherbe en Gustav Preller het ook ‘n deel gehad in die ontstaan van Afrikaans.

Genootskap van Regte Afrikaaners

Die Genootskap van Regte Afrikaners is op 14 Augustus 1875 in die dorp Paarl gestig deur 'n groep Afrikaanse sprekers van die Wes-Kaap omgewing. Die genootskap het vanaf 15 Januarie 1876 'n joernaal genaamd die Die Afrikaanse Patriot, asook verskeie boeke soos woordeboeke, geestelike materiaal en geskiedenisboeke gepubliseer. Die Afrikaanse Patriot was in 1905 opgevolg deur die hedendaagse Paarl koerant.

Ontwikkeling van Afrikaans

Die wonder van Afrikaans is dat dit nie gestagneer het as´n mengsel van´n klomp verskillende tale nie. Dit het ontwikkel tot´n selfstandige taal met´n eie dinamiese karakter. Nuwe woorde word nog daagliks geskep om die alledaagse op´n eerlike, naïwe en aardse manier uit te druk. Dit is dié skeppende eienskap van Afrikaans wat in´n rekordtyd´n nuwe taal met´n internasionaal bekende letterkunde moontlik gemaak het.

Iets oor die Taalmonument

Die Afrikaanse Taalmonument is die enigste monument ter wêreld wat aan 'n taal gewy is. Dit is gebou op 'n heuwel bokant die Paarl in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Die monument is in 1975 voltooi om die halfeeu te gedenk van die amptelike erkenning van Afrikaans as 'n selfstandige taal afsonderlik van Nederlands. Die monument bestaan uit verskillende groter wordende strukture van 'n konvekse en konkawe aard, wat die invloede van verskillende ander tale en kulture, asook politieke ontwikkelings in Suid-Afrika, op Afrikaans simboliseer.

Slot

Die 6,5 miljoen mense wat Afrikaans as moedertaal gebruik, word in groot getalle aangetref in elkeen van Suid-Afrika se nege provinsies asook in Namibië. Klein groepies Afrikaanssprekendes is ook te vinde in Botswana, Zimbabwe, Zambië en ander lande ten noorde van die Limpopo. Afrikaans is dus wyer oor Suider-Afrika versprei as enige ander inheemse taal. 'n Verdere 12 miljoen mense gebruik dit as tweede of derde taal, wat beteken dat Afrikaans, meer as Engels of Zulu, die belangrikste omgangstaal in Suid-Afrika is.

Suid - Afrikaanse Olyfbedryf

Die Suid Afrikaanse olyfbedryf


Inleiding



Suid-Afrikaanse olyfboere lewer skaars 'n tiende van die binnelandse vraag na olyfolie in 'n mark wat grootliks "op prys koop" en redelik onkundig i s oor gehalte. Die prentjie kan binnekort verander as nuwe aanplantings in drag kom en die voordele van generiese bemarking en nuwe wetgewing aanvaar word.
Suid-Afrikaanse olyfboere het die afgelope dekade nie probeer om die wiel uit te vind nie, maar bloot groot spronge gemaak wat Mediterreense olyfboere eeue gekos het. Nou is hulle aan die voorpunt van boerderytegnologie en oliepers- en versnydingsmetodes, maar kan nog nie in plaaslike verbruikers se behoefte aan olyfolie of tafelolywe voorsien nie.

Inhoud

Plaaslike boere sal binnekort 'n groter deel van die plaaslike olie- en tafelolyfbedryf van sowat R400 miljoen kan kry as olyfboorde wat onlangs gevestig is, in drag begin kom. Olyfolie kan ten spyte van die sterk rand winsgewend uitgevoer kan word.
Die jaarlikse verbruik van olyfolie in alle klasse in Suid-Afrika is 5,5 miljoen liter, met 'n waarde van sowat R250 miljoen. Daarvan voorsien plaaslike boere net 600 000 liter. By tafelolywe lyk die prentjie beter, en voorsien ons sowat twee-derdes van die 6 000 ton olywe wat plaaslik verbruik word. Daar is tans ongeveer 400 aktiewe olyfboere in die land.
Die plaaslike bedryf is trots op die gehalte van die olie wat hier gemaak word: 98 % daarvan is ekstra suiwer olie, terwyl slegs 30 % van Italië se totale olieproduksie ekstra suiwer olie is. Ekstra suiwer olie is natuurlike, ongeraffineerde olie, sonder enige defekte, met 'n vrugtige geur en 'n vrysuurgehalte van laer as 0,8 %.

Suid-Afrikaanse olyfboorde is so aangeplant dat dit maklik is om die olywe te oes en gou by die pers te kry. Uit die ervaring van die olyfbedrywe in Mediterreense lande weet ons ook watter tegnologie, boomdigtheid, kultivars en versnitte werk die beste. Dit hou die Siud Afrikkanse boere aan die voorpunt.

Die Suid-Afrikaanse olyfbedryf is sowat 100 jaar oud, maar die meeste aanplantings is die afgelope 15 jaar gedoen, wat beteken dat nuwe ontwikkelings, soos semi-hoë (500 tot 800 bome per hektaar) en ultrahoë-digte (1 000 tot 1 600 bome per hektaar) aanplantings, byvoorbeeld meganiese oes en hoër eenheidsopbrengste moontlik maak. Meganiese oesmetodes is redelik algemeen waar olywe vir olie geoes word, maar tafelolywe word meestal met die hand geoes.
Interessant genoeg, vul tafel- en wyndruif-bedrywe olyfboerdery goed aan, want die druiwe is net gepluk, dan begin die olyfoes. Hoewel nie naastenby so gedifferensieerd, soos wyn nie, word olyf-olie volgens intensiteit (sterk of intens, medium en delikaat) geklassifiseer. Sterk of intense olie is duurder, het meer geur en word van groen olywe met 'n lae oliepersentasie gemaak. D
elikate olie word gemaak van ryper olywe, olywe wat te veel water gekry het of sekere kultivars wat hulle daartoe leen. Die meeste plaaslik geproduseerde olie wat hier te koop is, is 'n versnit van die olie van twee of meer kultivars.
In hierdie stadium is die vraag in Suid-Afrika hoofsaaklik na delikate olies, maar dit is besig om na meer intense olies te verskuif.
Die plaaslike bedryf kan veel put uit navors ing wat in Mediterreense lande gedoen word, tog is daar 'n behoefte aan plaaslike navorsing. Dit word egter beperk deur die kleinheid van die bedryf en die gebrek aan geld.
Verdere uitdagings wat die Suid Afrikaanse Olyfbedryf moet aanspreek is:
· Pogings om wetgewing te verander wat dit onmoontlik sal maak om suiwer olyfolie in te voer en dit in Suid-Afrika as ekstra suiwer olyfolie te verkoop deur 'n organoleptiese toets (smaak-, reuk- en kleurtoets) by te voeg by die bestaande chemiese toets.
· Die sertifisering van sekere gehalte vereistes. In dié stadium verbind lede van SA Olive hulle daartoe om aan sekere gedrags- en praktykkodes te voldoen, maar die plan is om 'n proepaneel saam te stel wat kan sertifiseer dat hulle wel daaraan voldoen.
· Om plantmateriaal te verbeter deur standaarde vir goeie plantmateriaal op te stel en 'n lys van kwekerye wat aan dié norme voldoen op die webtuiste te publiseer.

Slot

Alles in ag genome, is die vooruitsigte vir die bedryf rooskleurig. Benewens die jong boorde wat binne die volgende paar jaar in drag behoort te kom, is olyfboorde die beste vervanging vir wingerde wat jare gelede op te geil grond gevestig is. Wêreldwyd is daar 'n tekort aan olyfolie en olyfolie se gesondheidseienskappe word al hoe wyer bekend",